
Kus spreek dwelmmisbruik aan
Loading player...
Die Coastal Drug Awareness Campaign, Codac, het saam met die Walvisbaai-korrektiewe fasiliteit 'n uitreik by Kuisebmond Sekondêre Skool gehou met die tema "Keuses, gevolge en verandering". Dit was om leerders te inspireer om ingeligte besluite te neem en die realiteite van dwelmmisbruik te konfronteer. Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, wetstoepassingsleiers en gevangene Justin Fredricks het kragtige boodskappe gedeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Codac-direkteur en Walvisbaai-korrektiewe beampte, Josef Haufiku.