
McIlroy sê nee vir Ryderbeker-kapteinskap
Loading player...
Gholf: Die heersende Meesters-kampioen, Rory McIlroy, glo dis nie volhoubaar om die spelende kaptein van die Ryderbekerspan te wees nie, want daar is baie werk aan die posisie verbonde. Die 36-jarige Noord-Ierse speler sal in September in Bethpage aan sy agste Ryderbeker-kompetisie deelneem waar Europa gaan probeer om die titel die eerste keer sedert 2012 op Amerikaanse bodem te verdedig. McIlroy sê hy is genader om die spelende kaptein te wees, maar het dit dadelik van die hand gewys: