
Afrikaans in wese vandag 150 jaar gelede gevestig
Loading player...
Vandag, 14 Augustus, is die 150ste herdenking van die Genootskap van Regte Afrikaners, 'n organisasie wat in die Paarl, Suid-Afrika, gestig is en instrumenteel was in die bevordering en standaardisering van Afrikaans. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-predikant en Afrikaanskenner dr. Callie Opperman gesels oor die belangrikheid van die organisasie.