
Ernstige gevolge as Putin vrede verhinder - Trump
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het by die Kennedy-sentrum in Washington, DC gepraat ná sy aanlyn-ontmoeting met Europese leiers en gesê daar sal ernstige gevolge wees as Russiese president Vladimir Putin vrede in Oekraïne verhinder. Trump het nie genoem wat die gevolge sal wees nie, maar het oor ekonomiese sanksies gewaarsku as Vrydag se beraad tussen hom en Putin vrugteloos is. Hy het gesê die vergadering sal die tafel dek vir 'n tweede vergadering, wat Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sal insluit. Luister self.