
Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek
Loading player...
Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, gepraat.