
Ooreenkomste nodig om SA-vleisuitvoere tydens siekte te beskerm
Loading player...
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê dringende verdelingsooreenkomste is nodig om Suid-Afrika se beesvleisuitvoere tydens siekte-uitbrekings te beskerm. Die vleisbedryfvereniging sê sulke ooreenkomste met handelsvennote sal 'n volledige uitvoerverbod voorkom wanneer siektes soos bek-en-klouseer uitbreek, met beperkings wat slegs geaffekteerde gebiede sal raak. Die vereniging se uitvoerende hoof, Imameleng Mothebe, sê sterker gesondheidsbeheer en beter samewerking tussen die regering en die bedryf is die sleutel tot die groei van die sektor: