
Cosatu sê SANDF op vredesendings ontvang nie toelaes nie
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte dat lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat op vredesendings in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, nie hul volle toelaes ontvang het nie. Cosatu beskuldig senior generaals dat hulle fondse steel van gewone soldate wat hul lewens op die spel plaas. Matthew Parks van Cosatu vra verdedigingminister Angie Motshekga om beslissend op te tree teen korrupsie en te verseker ontplooide lede word billik vergoed: