Woord vir Vandag - 20 Aug 2025
Loading player...
“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83
Die verhoogde waarde van ‘n groter doel
Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy egter ‘n speelgrond wil bou, moet daardie selfde sand in sakke gepak en vervoer word, dus kos dit meer en daarom styg die waarde daarvan. Nou kos dit wat eens gratis op die strand was, R100 per sak. Sodra dieselfde sand op ‘n stuk papier vasgeplak is, wat dit skuurpapier maak, neem die waarde daarvan weer toe. Nou is dit omtrent R50 vir ‘n stuk skuurpapier. Die waarde het toegeneem, omdat die doel daarvan verander het. ‘n Skrywer verduidelik dit verder as volg: ‘Sand bestaan uit silikondioksied. Wanneer sand verhit en verwerk word, word dit ‘n ingewikkelde deel van ‘n rekenaarskyfie wat R10 000 werd is. Wat dus eens gratis op die strand was, het nou waarde omdat dit in ‘n sak is, omdat dit op ‘n stuk papier vasgeplak is, of omdat dit deel van ‘n rekenaarskyfie wat jy skaars kan bekostig, is. Die sand is dieselfde, maar omdat dit nou ‘n groter doel het, is die waarde daarvan baie groter.’ Nadat Paulus baie oor die verskillende werke wat gedoen moes word en gawes wat in die kerk uitgeoefen moes word geskryf het, het hy gesê: ‘Lê julle toe op die beste genadegawes.’ Hoekom? Sodat die goeie wat jy doen die beste en voordeligste vir almal sal wees. Paulus skryf aan die gelowiges in Rome: ‘Want ek begeer om julle te sien, sodat ek die een of ander geestelike gawe met julle kan deel om julle te versterk’ (Romeine 1:11 AFR20). Moenie met minder tevrede wees nie; vra God vir meer – jy sal nie teleurgestel word nie.