Woord vir Vandag - 19 Aug 2025
Loading player...
“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV
Hoe om met ander oor die weg te kom
Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te werk, ‘n huwelik te onderhou, kinders groot te maak, die evangelie met mense te deel, om mense te help wat minder bevoorreg is, ens. Lewe volgens die volgende Skrifgedeelte: ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.’ Probeer om verder as jouself, jou belange en jou eie wêreld te kyk. Wanneer jy besluit om vanuit elke moontlike hoek oor ‘n saak te besin: (a) kyk daarna in die lig van die ander persoon se verlede, (b) vind uit wat die ander persoon se belangstellings en bekommernisse is, en (c) lê jou eie plan opsy en probeer om te sien wat die ander persoon sien. Dit is ‘n kragtige benadering, want dit beteken dat jy werklik met hulle kontak probeer maak. As jy by enige groep- of spanaktiwiteit aansluit, weet jy hoe noodsaaklik dit is dat elke persoon die geheelbeeld en nie net sy eie deel sien nie. Wanneer ‘n persoon nie besef dat sy optrede met die van die span moet ooreenstem nie, ly die hele span. Hoe beter ‘n spanlid die geheelbeeld begryp, hoe groter is hul potensiaal om met die span saam te werk. Om met mense oor die weg te kom en saam met hulle te werk, verg inspanning: om hul behoeftes, hul doelwitte, hul seerkry en hul stryd te leer verstaan. Dit is wat Jesus met ons doen. Die Bybel sê dat Hy ‘…ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…’ (Hebreërs 4:15 NLV). Om in sy voetspore te volg, moet jy poog om dieselfde met ander mense te doen.