Woord vir Vandag - 16 Aug 2025
Loading player...
“Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek nie.” Psalm 23:1 NLV
Jy het genoeg (1)
Spurgeon se tydgenoot, dr Joseph Parker, was ‘n pastoor by die City Temple Church in Londen. Eendag het hy na sy preekstoel gestap en hierdie vers gelees: ‘Die Here is my herder, daar is niks wat my ontbreek nie.’ Na ’n lang pouse het hy sy Bybel toegemaak, na die gemeente gekyk en gesê: ‘En vriende, dit is genoeg!’ Skriftuurlik en prakties gesproke is hy reg! Wanneer God jou herder is, kom jy niks kort nie. Selfs in die ergste omstandighede hoef jy nie bang te wees nie, want Hy is altyd by jou (vers 4 NLV). Jy geniet twee dinge waarna elke mens smag - genoegsaamheid en sekuriteit - want by God is daar geen gebrek aan vermoë of hulpbronne om vir ons in enige situasie te sorg nie (sien Filippense 4:19). Dit is die rede waarom Paulus gesê het dat hoewel hy niks het nie, hy alles besit (sien 2 Korintiërs 6:10). Die Bybel sê vir ons: ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Daar is egter ‘n paar dinge wat ons rakende God se tydsberekening moet onthou. 1) As gevolg van sy voortreflike wysheid, sal die antwoord slegs kom wanneer die tyd daarvoor reg is. 2) Totdat ons gehoorsaam aan Hom en sy opdragte is, sal die antwoord nie kom nie. 3) Geloof is deurslaggewend om die antwoord te ontvang. Jesus het gesê: ‘Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou’ (Markus 11:24 NLV).