Woord vir Vandag - 14 Aug 2025

Loading player...
“…Leef saam met jou vrou in die besef dat… sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee…” 1 Petrus 3:7 NLV

Probeer om mekaar te verstaan

Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet jy verstaan dat jou maat nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel van jou verskil. Kom ons sê ‘n argument ontstaan tydens ontbyt. Na werk het hy al daarvan vergeet; hy het dit agter hom gesit sodat hy op sy werk kan fokus. Vir hom is dit verby, maar nie noodwendig vir haar nie. Sy het dit dalk oordink en verwerk terwyl sy met haar dagtake besig was. Dit het nie verdwyn nie; dis onafgehandelde sake. Na werk kom hy by die huis en daar is spanning. Hy dink: ‘Wat is die probleem?’ Sy dink: ‘Hoe kon hy daarvan vergeet het?’ Hy dink: ‘Sy dink tog seker nie nou nog oor vanoggend se voorval nie?’ Om mekaar te verstaan bring geluk mee. ‘n Man se brein funksioneer in kompartemente. Hy beweeg van familie, na werk, na ontspanning, met elke kompartement afsonderlik van mekaar. In ‘n vrou se brein skakel die kompartemente egter bymekaar. Terwyl hy by die werk is, dink sy gelyktydig aan die kinders, die argument tydens ontbyt en beplan die aandete wat sy moet maak. Die oggend se insident is dus steeds in haar gedagtes. Deur hierdie verskille te verstaan, kan sy hom kans gee om weer in die ‘familie kompartement’ te kom voor sy die kwessie ophaal. Hy kan ook besef dat sy nie onredelik is nie, maar dat sy afsluiting nodig het sodat sy weer goed oor die verhouding kan voel. Sommige dinge in die huwelik moet opgelos word, terwyl ander dinge verwerk, vergewe en vergeet moet word. As dit jou doelwit is om in harmonie met mekaar saam te leef, moet jy hierdie beginsel verstaan.
12 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min