Woord vir Vandag - 13 Aug 2025
Loading player...
“Jesus het baie sulke voorbeelde gebruik om die woord aan die mense, volgens wat hulle kon verstaan, te bedien.” Markus 4:33 NLV
Hou dit eenvoudig
As jy ernstig daaroor is om mense te bereik en hulle te onderrig, is daar twee dinge wat jy moet probeer doen: 1) Praat met hulle, nie bo-oor hulle koppe nie. ‘n Kleuter was besig om ‘n appel agter in sy pa se kar te eet. ‘Pappa,’ het hy gesê, ‘hoekom word my appel bruin?’ Sy pa het verduidelik: ‘Nadat jy die vel aan die buitekant geassimileer het, het die kernstruktuur van die appel met die atmosfeer in aanraking gekom, wat dit laat oksideer het. Sodoende is sy molekulêre struktuur aangepas en het dit in ‘n ander kleur verander.’ Na ‘n lang stilte het die seuntjie gevra: ‘Pappa, praat jy met my?’ Kan die luisteraar dit wat jy sê verstaan en gebruik? Paulus het vir die kerk in Korinte gesê: ‘Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie’ (1 Korintiërs 3:2 NLV). Jesus het ‘n punt daarvan gemaak om sy stellings so te struktureer dat die mense sy boodskap kon verstaan. Dink daaroor: Jesus was God en Hy kon ons maklik met sy kennis verstom het. Omdat sy begeerte egter was om lewens ten goede te verander, het Hy op ons vlak gebly en ‘n taal wat ons verstaan, gebruik. Jy moet leer om dieselfde te doen. 2) Sê dit oor en oor. Die grondbeginsel van onderrig is herhaling. Daar word genoem dat mense iets sestien keer moet aanhoor voordat hulle dit glo en werklik verstaan. Die vraag wat jou moet kwel is nie: ‘Wat gaan ek sê nie?’ maar: ‘Wat gaan mense van my boodskap verstaan?’