
Trump neem militêre beheer oor Washington DC
Loading player...
President Donald Trump het aangekondig hy ontplooi 800 Nasionale Wag-troepe na die Amerikaanse hoofstad, Washington DC, en plaas die stad se polisie onder federale beheer om wat hy 'n golf van wetteloosheid noem te bekamp. Hy het kritiek dat hy 'n krisis vervaardig om die uitbreiding van presidensiële gesag in 'n sterk Demokratiese stad te regverdig, van die hand gewys. Luister na die aankondiging.