
Watersekuriteit op pad na sentraal-noordelike dele
Loading player...
NamWater het 40 miljoen Namibiese dollar vanaf die Tegniese Komitee van Kundiges-rekening bekom om fase twee van die Calueque permanente pompstasie te voltooi. Dit sal die voorsiening van water uit die Calueque-dam op die grens van Namibië en Angola, aan die sentraal-noordelike gebiede van Namibië verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, gepraat.