
KI kan onderwys-, gesondheidsuitdagings aanspreek
Loading player...
Adjunkminister van onderwys en innovasie, Dino Ballotti, sê tersiêre onderwys in Namibië begin die onderrig en gebruik van kunsmatige intelligensie aanneem. Hy het gesê kunsmatige intelligensie kan help om ontwikkelingsuitdagings in onderwys en gesondheid aan te spreek indien dit met deursigtigheid en verantwoordbaarheid geïntegreer word. Hy het vanoggend by die bekendstelling van Namibië se KI-gereedheidsassesseringsmetodologieverslag in Windhoek gepraat.