Verouderde tegnologie lê KZN-polisie lam

Loading player...
Die DA in die Nasionale Raad van Provinsies eis ʼn dringende oorsig oor die verouderde tegnologie-infrastruktuur wat polisiëring in KwaZulu-Natal lamlê. ʼn Party-woordvoerder, Mzamo Billy, sê baie landelike polisiekantore maak steeds staat op ou satellietstelsels, die radiokommunikasiestelsel is steeds analoog en die 10111-oproepsentrums gebruik uitgediende telefoonstelsels. Hy sê die skokkende tekortkominge in tegnologie-infrastruktuur voldoen nie aan die behoeftes van moderne polisiëring nie:
11 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek

Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos…
13 Aug 10AM 1 min

NamRA verskerp toesig oor 'bestel-met-my'-handelaars

Tydens 'n inligtingsessie oor bevordering van nakoming van inkomstewette, het NamRA-kommissaris Sam Shivute pogings uitgelig om toesig oor sogenaamde "bestel-met-my"-handelaars te verskerp, en onthul dat nuwe regulasies wat hierdie kwessie aanspreek, by die justisieministerie ingedien is.
13 Aug 10AM 1 min

Só moet inligtingkommissaris gekies word

Ons sien uiteindelik beweging met die Wet op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie soek tans nominasies vir die pos van inligtingskommissaris, met 'n sperdatum van 10 September. Die Wet is in 2022 bekragtig, maar het nog nie in werking getree nie. Dit is ontwerp om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder…
13 Aug 10AM 1 min

SA polisievroue op besoek vir Vrouemaand-vieringe

Namibië verwelkom 'n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. NamPol kommissaris Johanna Ngondo sê die program sluit besoeke aan stasies, 'n…
13 Aug 9AM 1 min