
Meatco-raad verwag eerste verslag die week
Loading player...
Meatco se ondersoek na die verdwyning van 400 beeste is steeds aan die gang. Die beeste het vermis geraak uit die Linden Beef-voerkraal, waar hulle onder kontrak met Meatco aangehou is. Intussen is sy tussentydse uitvoerende hoof Patrick Liebenberg geskors na van die personeel se beskuldigings van begunstiging, rassisme en dissiplinêre vooroordeel. Die adjunkvoorsitter van die Meatco-raad, Stefanie de Klerk, sê die raad sal die eerste verslag aan die einde van die week ontvang.