
Afrika-perdesiekte: Inentings kan steeds gedoen word
Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou vra perde-eienaars om hul diere in te ent teen die dodelike Afrika-perdesiekte, veral ná 'n besondere nat somer. Slegs die lewende verswakte Afrika-perdesiekte-entstof van Onderstepoort is gemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher gepraat oor die plaaslike situasie.