Die Bank van Namibië het 'n gesentraliseerde dataplatform, Data Sphere, bekendgestel. Die platform konsolideer Namibië se mees kritieke makro-ekonomiese en finansiële statistieke in een toeganklike, interaktiewe en gebruikersvriendelike spilpunt. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie het meer.
Suid-Afrika en Brasilië speel Sondag die heel eerste keer teen mekaar wanneer hulle kragte meet in hulle openingswedstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi op Franklin’s Garden in Northampton, Engeland. Die Springbokke se veelsydige agterspeler, Nadine Roos, wat vier keer teen Brasilië gespeel het in verlede jaar se Sewes-reeks, sê die span is…
Israel sal 60 000 reserviste oproep terwyl hulle voorberei om 'n uitgebreide militêre operasie in Gazastad te loods. Die troepe sal volgens 'n militêre amptenaar in dele van die stad ontplooi word waar daar nog nooit Israeliese magte was nie en waar Hamas vermoedelik nog aktief kan wees. Die anti-diensplig…
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika se buitelandse beleid word gelei deur 'n verbintenis tot 'n reëlgebaseerde internasionale stelsel, gegrond op respek vir menseregte. Die departement het sy aanvanklike verklaring opgedateer in reaksie op die Amerikaanse Menseregteverslag. Die verslag het belangrike menseregtekwessies uitgelig, insluitend moorde, arbitrêre arrestasies…
Wernhil Park vier vandag 35 jaar van groei sedert sy amptelike opening in 1990, tesame met Namibië se onafhanklikheid. Wat met 54 winkels begin het, is nou 'n kleinhandelsentrum van 54 000 vierkante meter met meer as 100 afsetpunte en 1,1 miljoen maandelikse besoekers. Deur vier uitbreidingsfases, insluitend 'n opgradering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.