Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan - Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan, ondanks verdeeldheid in die Voorbereidende Taakspan. Ses stigtings, insluitend die Thabo Mbeki- en FW de Klerk-stigting, wil hê dit moet tot Oktober uitgestel word. Ramaphosa sê die byeenkoms is noodsaaklik vir inklusiewe besprekings oor nasionale uitdagings. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die Groep van Vooraanstaande Persone het sy steun herbevestig en geloofwaardigheid en inklusiwiteit aangevoer:
10 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se vroue sal betaal vir VSA-tariewe

'n Ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch Sakeskool, Nthabiseng Moleko, sê die nuutste VSA tariewe bedreig alreeds broos werksekerheid, met veral vroue wat die las van die wêreld se handelsoorlog moet dra. Moleko waarsku dat die 30-persent tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere dreig om die arbeidsonsekerheid te vererger, veral vroue wat…
21 Aug 4AM 1 min

Tiger aangestel as voorsitter van PGA-toer se mededingingsmodel

Die vyftienmalige major kampioen Tiger Woods is aangewys as voorsitter van die nuutgestigte Future Competition Committee. Die komitee van nege lede, ses spelers en drie sake-adviseurs, se taak is om die optimale mededingingsmodel te definieer wat die PGA-toer se waarde vir aanhangers, spelers en vennote verhoog. Die uitvoerende hoof van…
21 Aug 4AM 1 min

Ngurare moedig samewerking tussen Japan en Namibië aan

Tydens die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling tans aan die gang in Yokohama in Japan het die eerste minister dr. Elijah Ngurare 'n vreedsame, geïndustrialiseerde Afrika in die vooruitsig gestel waar gewere stilgemaak word, werkloosheid vervang word deur landboubedrywighede en tegnologie groei dryf. Hy het dieper samewerking tussen Afrika…
21 Aug 3AM 1 min

Uitbreiding van Israel in Wesoewer is doodskoot vir Palestynse staat

Israel se goedkeuring van 'n groot nedersettingsuitbreidingsplan in die besette Wesoewer word wyd veroordeel. Mustafa Barghouti, sekretaris-generaal van die Palestynse Nasionale Inisiatief, het aan Al Jazeera gesê dit sal die doodsvonnis wees vir enige moontlikheid van 'n onafhanklike Palestynse staat. Hy het uit Ramallah gepraat en gesê sanksies moet onmiddellik…
21 Aug 3AM 1 min

BoN skep sentrale portaal vir ekonomiese syfers, data

Die Bank van Namibië het 'n gesentraliseerde dataplatform, Data Sphere, bekendgestel. Die platform konsolideer Namibië se mees kritieke makro-ekonomiese en finansiële statistieke in een toeganklike, interaktiewe en gebruikersvriendelike spilpunt. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie het meer.
21 Aug 2AM 1 min