Groenes kwaai oor kernkrag in Wes-Kaap

Loading player...
Die omgewingsaktiviste Makoma Lekalakala van Earthlife Africa en Liziwe McDaid van Green Connection is sterk gekant teen die minister van die omgewing, Dion George, se goedkeuring van 'n nuwe kernkragsentrale by Duynefontein in die Wes-Kaap. Hulle noem hoë koste, veiligheidsrisiko's, oprigtingsvertragings en die afwesigheid van radioaktiewe afvaloplossings. Lekalakala dring aan op 'n mensgedrewe energieplan wat fokus op vinniger en goedkoper hernubare keuses soos son- en windkrag te midde van die voortdurende klimaatkrisis:
10 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BoN skep sentrale portaal vir ekonomiese syfers, data

Die Bank van Namibië het 'n gesentraliseerde dataplatform, Data Sphere, bekendgestel. Die platform konsolideer Namibië se mees kritieke makro-ekonomiese en finansiële statistieke in een toeganklike, interaktiewe en gebruikersvriendelike spilpunt. Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie het meer.
21 Aug 2AM 1 min

Bok-vroue open in Engeland teen Brasilië

Suid-Afrika en Brasilië speel Sondag die heel eerste keer teen mekaar wanneer hulle kragte meet in hulle openingswedstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi op Franklin’s Garden in Northampton, Engeland. Die Springbokke se veelsydige agterspeler, Nadine Roos, wat vier keer teen Brasilië gespeel het in verlede jaar se Sewes-reeks, sê die span is…
21 Aug 2AM 1 min

Aktivis sê talle Israeli’s weier om in Gaza te veg

Israel sal 60 000 reserviste oproep terwyl hulle voorberei om 'n uitgebreide militêre operasie in Gazastad te loods. Die troepe sal volgens 'n militêre amptenaar in dele van die stad ontplooi word waar daar nog nooit Israeliese magte was nie en waar Hamas vermoedelik nog aktief kan wees. Die anti-diensplig…
21 Aug 1AM 1 min

Dirco stel die feite oor plaasmoorde, na VSA-verslag

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika se buitelandse beleid word gelei deur 'n verbintenis tot 'n reëlgebaseerde internasionale stelsel, gegrond op respek vir menseregte. Die departement het sy aanvanklike verklaring opgedateer in reaksie op die Amerikaanse Menseregteverslag. Die verslag het belangrike menseregtekwessies uitgelig, insluitend moorde, arbitrêre arrestasies…
21 Aug 1AM 1 min

Wernhil herdenk vandag 5 jaar

Wernhil Park vier vandag 35 jaar van groei sedert sy amptelike opening in 1990, tesame met Namibië se onafhanklikheid. Wat met 54 winkels begin het, is nou 'n kleinhandelsentrum van 54 000 vierkante meter met meer as 100 afsetpunte en 1,1 miljoen maandelikse besoekers. Deur vier uitbreidingsfases, insluitend 'n opgradering…
21 Aug 1AM 1 min