
Adam Peaty weer lus vir Statebondspele
Loading player...
Swem: Die driemalige Olimpiese goue-medalje wenner, Adam Peaty sê hy moet by volgende jaar se Statebondspele in Glasgow goed presteer as hy weer 'n kans wil hê om by die Olimpiese Spele in 2028 uit te blink. Die 30-jarige Engelsman het na die Spele in Parys 'n blaaskans gevat om sy geestestoestand en welstand te prioritiseer. Peaty het aan BBC Sport gesê hy voel nou weer gemotiveerd: