
Dis knortjor-opwinding in Swakop die naweek!
Loading player...
Die 2025 RMC Namibië Rotax-trofee sal op Swakopmund se R+R-renbaan môre plaasvind. Afrika se beste Rotax-knortjorre het op Namibië toegesak vir 'n kragmeting van spoed, vaardigheid en kampioenskapdrome. Aksie skop om seweuur môreoggend af en sluit sesuur met die prysuitdeling af. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.