
Kontantlose buskaartjie-stelsel begin Maandag in hoofstad
Loading player...
Die Stad Windhoek het sy kontantlose buskaartjie-stelsel aangekondig, wat op 11 Augustus in werking sal tree. Daarna sal geen kontantbetalings aanvaar word nie. Passasiers sal nou by busse in- en afklim deur met hul kaarte op die kontantlose stelsel te tik. Dit sal lang rye en tydvermorsing uitskakel. Passasiers sal van 4 Augustus tot 4 Oktober gratis van nuwe slimkaarte voorsien word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya.