Woord vir Vandag - 12 Aug 2025

Loading player...
“En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.” 1 Petrus 5:4 AFR83

Die vyf krone (5)

Die vyfde kroon is die kroon van heerlikheid. Petrus het geskryf: ‘As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang’ (verse 1-4 NLV). Hierdie kroon blyk van toepassing op pastore en Christelike leiers te wees. Dit beteken egter nie dat jy ‘n pastoor of amptelike leier moet wees nie. Soos een pastoor dit verduidelik: ‘Jy mag dalk die herder van ‘n klein groepie wees. Jou kudde is dalk jou familie of jou Sondagskoolklas. Die Here gee ons dikwels die verantwoordelikheid om na die geestelike welsyn van ander mense om te sien. Dis ‘n wonderlike geleentheid om Hom te dien!’ Dit bring ons by ‘n goeie vraag: Wat gaan ons met al hierdie krone doen? Openbaring 4:10-11 beskryf ‘n groot lofprysingsdiens wat gaan plaasvind wanneer ons in die hemel aankom: ‘…die 24 ouderlinge [val] in aanbidding voor Hom wat op die troon sit, neer. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang…’ (NLV). Stel jou voor dat jy voor die Here kniel en jou kroon aan sy voete neerlê, oorweldig deur dankbaarheid vir alles wat Hy vir jou gedoen het.
7 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min