Woord vir Vandag - 10 Aug 2025

Loading player...
“Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid…” 2 Timoteus 4:8 AFR53

Die vyf krone (3)

Die derde kroon wat in die Skrif genoem word, is die kroon van geregtigheid. Paulus skryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het’ (verse 7-8 AFR83). ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Die boek 2 Timoteus verteenwoordig die laaste bekende skrywe van die apostel Paulus. Ons het rede om te glo dat hy kort nadat hy hierdie woorde geskryf het, onthoof is. In plaas daarvan om die dood te vrees, het hy egter na die wederkoms uitgesien. Hy was met sy rekord van diens aan die Here tevrede. Paulus se gebruik van die metafoor van die atleet is veral beskrywend van die lewe van die gelowige, omdat dit uithouvermoë, dissipline en finale oorwinning beskryf. Die kroon van geregtigheid word vir diegene wat ‘n verlange na die Here Jesus het en wat wag vir Jesus om terug te kom, gereserveer.’ Paulus skryf in ‘n brief aan Titus dat ‘…die seën waarop ons hoop, ‘n werklikheid word. By daardie geleentheid sal die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, ook sigbaar word’ (Titus 2:13 NLV). Die pastoor gaan voort: ‘Sielkundiges sê vir ons dat afwagting ‘n emosie met wonderlike genesende kragte is. Mense wat deur sneeu vasgevang is, hou moed deur die langer dae van lente en somer af te wag. Bruide en bruidegomme wag hulle troudag gretig af.’ As Christen lê jou beste dae nog voor jou en jy kan in afwagting van al die heerlikheid van die hemel en die ewigheid, leef. Dit sal jou motiveer om getrou aan Jesus te bly terwyl jy vir sy wederkoms wag.
7 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min