
Gautengskole geraak deur onwettige mynwese, onstabiele grond, vuil lug
Loading player...
Die Gautengse Onderwysdepartement sê talle skole in die provinsie word geraak deur onstabiele grond, lugbesoedeling en onwettige en wettige mynbedrywighede. In sommige gevalle is skole verskuif of in rehabilitasieprogramme geplaas weens kommer oor veiligheid. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê ná assessering gaan hulle met rehabilitasieprogramme begin by 13 skole in gebiede soos Gauteng-Wes, Centurion en Ekurhuleni-Suid wat probleme ondervind weens dolomitiese grondtoestande: