
Nampharm-stigting se gala-dinee om die draai
Loading player...
Namate die 20ste Augustus nader kom, maak die Nampharm-stigting gereed om sy 20ste bestaansjaar te vier met ’n galadinee by die Windhoek Buiteklub-oord. Die geleentheid sal twee dekades van ondersteuning aan Namibiese kinders herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, gesels.