Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 5
1My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer,
luister na my goeie raad.
2Dan sal jy self ook met oorleg kan optree
en met die nodige kennis praat.
3Die slegte vrou se lippe drup van die heuning,
haar tong is gladder as olie,
4maar agterna is alles so bitter soos wildeals;
sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.
5Haar pad is dié van die dood,
elke stap saam met haar bring die ondergang nader.
6Sy hou jou weg van die pad van die lewe af,
sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.
7Luister na my, my seun,
bly by wat ek jou sê:
8Bly weg van haar af,
moenie naby haar huis se deur kom nie
9dat jy nie jou mooiste jare verspil nie,
jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie,
10dat vreemdes hulle nie vol eet
aan die vrug van jou arbeid nie,
dat dit waarvoor jy gewerk het,
nie in die huis van 'n ander beland nie.
11Jy sal lê en kreun as jou einde nader,
met die vleis aan jou liggaam weggevreet,
12en jy sal sê: “Ek het my opvoeding versmaai,
ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.
13As ek maar geluister het na my leermeesters
en my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het!
14Hier sit ek nou in die grootste ellende
voor die oë van almal.”
15Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water:
drink die strome uit jou eie fontein.
9 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min