Woord vir Vandag - 7 Aug 2025
Loading player...
“…Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.” 1 Korintiërs 6:20 NLV
Skriftuurlike raad oor seks
Ann Landers skryf: ‘Geen meisie behoort haar liefde te moet bewys deur ongeoorloofde seksuele verhoudings aan te knoop nie. Enige ou wat jou vra om jou liefde te bewys, probeer jou vir die grootste, maklikste dwaas wat ooit bestaan, uitvang. Daardie ‘bewys jy is lief vir my’ gesegde is een van die vuilste truuks wat al ooit uitgedink is. Iemand wat jou werklik liefhet, wil die beste vir jou hê. Dink mooi hieroor. Hy wil hê jy moet ‘n ongeoorloofde daad pleeg, jou deug prysgee, jou selfrespek weggooi, jou kosbare reputasie vernietig, die risiko loop om swanger te raak of ‘n siekte op te doen of in groot moeilikheid beland. Word wakker! Hy wil hê wat die beste is vir hom; hy soek opwinding waaroor hy ten koste van jou kan spog. Liefde? Wie probeer vir wie flous? ‘n Ou wat ‘n meisie werklik liefhet, sal eerder sy regterarm afkap as om haar skade aan te doen. In werklikheid bewys hierdie selfsugtige individu dat hy jou glad nie liefhet nie. Wat is die voorspelbare nagevolge? Don Juan raak gou moeg vir sy speletjies. Dan los hy jou, tel sy visstok weer op en gaan vang elders ‘n ander ewe niksvermoedende vis. As hy jou liefhet, laat hom sy liefde by die altaar bewys.’ Hier is Skriftuurlike raad oor seks: ‘Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is?.. Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam - daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra’ (verse 19-20 DB).