SA moet afhanklikheid van enkele mark verminder - Gwede

Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30 000 werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot. Mantashe sê die oplossing is dat Suid-Afrika sy afhanklikheid van enige enkele mark verminder:
6 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vertraging in innoveringsentrums belemmer werkskepping

Die DA in Gauteng sê besighede wat dringend vervaardigingsfasiliteite nodig het word in die steek gelaat, aangesien die derde fase van die Bio Park by die Innovation Hub in Tshwane steeds onvoltooid is. Die projek is in Februarie 2019 begin en was geskeduleer vir voltooiing in September 2024. Ofentse Madzebatela…
21 Aug 11PM 1 min

SA, Zim en Nam aanbieding van 2027 Wêreldbeker is waterskeiding oomblik

Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika, Pearl Maphoshe, sê die Wêreldbekertoernooi van 2027 in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal 'n blywende nalatenskap vir die hele vasteland wees. Sy het met die bekendstelling van die plaaslike reëlingskomitee gesê dis 'n geskiedkundige oomblik, en beklemtoon dat hervorming kernbelangrik is vir die geleentheid. Maphoshe…
21 Aug 11PM 1 min

Kenner lê veldbrand-gevare in streek uit

Veldbrande in Suid-Afrika neem toe as gevolg van klimaatsverandering en bogemiddelde reënval, wat plaaskoste en voedselpryse kan verhoog. Dawie Maree van FNB Landbou in die buurland waarsku dat vleis die grootste risiko loop, aangesien brande weiding en voer vernietig, wat druk op reeds hoë voedselinflasie plaas. Kosmos 94.1 Nuus het…
21 Aug 11AM 1 min

Afrika soek vennote nie hulp, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat Amerika op goedere uit Afrika gehef het, het die noodsaaklikheid van uiteenlopende uitvoermarkte gewys. Hy het die negende Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika in Tokio, Japan, toegespreek. Japan is een van die hoofbeleggers in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die bilaterale handel…
21 Aug 11AM 1 min