
Gaza-gyselaar se broer spreek VN toe
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Dinsdag 'n spesiale sitting oor die gyselaars in Gaza gehou. Ilay David, wie se broer Evyatar David in een van die video's was wat oor die naweek deur Hamas en Palestynse Islamitiese Jihad vrygestel is, het via videoverbinding uit Israel gepraat. Hy het beklemtoon dat daar nie meer baie tyd oor is om die gyselaars se vrylating te verseker nie.