Hervorm SA ekonomie nou, vra DA

Loading player...
Die DA sê die ANC se mislukking om 'n sterk handelsooreenkoms met die VSA te sluit het Suid-Afrikaanse uitvoerders blootgestel aan skadelike nuwe tariewe. Die party blameer die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola dat hulle nie vroeër opgetree het nie, met besighede wat nou 30-persent tariewe in die gesig staar terwyl buurlande slegs 15-persent betaal. Ryan Smith van die DA doen 'n beroep op dringende hervormings om burokrasie te verminder:
5 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uiters goeie pryse by Namibia Genetics-veiling behaal

Die 2025 Namibia Genetics-veiling, wat Dinsdag by die Bank Windhoek Agra Ring in Windhoek gehou is, het uitstekende pryse behaal. Die geleentheid, geborg deur Bank Windhoek en aangebied in vennootskap met Agra Veilings, wat ook aanlyn uitgesaai is, het die verkoop van 92 beeste van 14 telers gesien. Daar is…
22 Aug 2AM 1 min

DA eis Motshekga se afdanking

Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet afgedank word omdat sy die hoof van die Weermag, Rudzani Maphwanya, verdedig na sy ongemagtigde diplomasie in Iran. Woordvoerder Chris Hattingh sê Motshekga het burgerlike oorsig oor die Weermag ondermyn deur sy wangedrag goed te keur nadat…
22 Aug 2AM 1 min

Cyril vra meer beleggings in sekseule, reproduktiewe gesondheidsregte

President Cyril Ramaphosa vra groter belegging in seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte, en waarsku teen terugslae wat vroue, kinders en die jeug bedreig. Hy het op die negende Internasionale Beraad oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan, beklemtoon dat sterk gesondheidstelsels uiters belangrik is om lewens te red en langtermyn ontwikkeling te ondersteun…
22 Aug 1AM 1 min

Vance sê Putin-Zelensky ontmoeting moet gebeur

Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê president Donald Trump wil hê presidente Volodymyr Zelensky en Vladimir Putin moet ontmoet, al is daar aspekte van 'n moontlike skietstilstand-ooreenkoms waaroor hulle hemelsbreed verskil. Hy het in 'n onderhoud met Fox News gesê 'n ontmoeting sal help om kwessies wat nog nie uitgestryk…
22 Aug 1AM 1 min

EU se rolprentfees skop op 3 September by Maerua Mall af

Die Europese Unie-rolprentfees keer terug na Windhoek vanaf 3 September tot 29 Oktober, en vertoon nege Europese rolprente en twee Namibiese produksies. Vertonings vind elke Woensdagaand plaas by Ster Kinekor, Maerua Mall, met vanjaar se tema "Geleenthede vir die Jeug". Woordvoerder van die Europese Unie in Namibië, Twaku Kayofa, het…
22 Aug 1AM 1 min