Woord vir Vandag - 6 Aug 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV

Wysheid vir ouers van tieners

Waarom verander ‘n gelukkige twaalfjarige wat maklik saamwerk skielik in ‘n nukkerige, depressiewe dertienjarige? Daar is twee sterk kragte wat vir sommige van die tienergedrag wat jou as ouer mal maak, verantwoordelik is. Die eerste word aan sosiale druk, wat algemeen op daardie ouderdom voorkom, gekoppel. Daar is egter ‘n tweede bron van ontwrigting. Dit hou verband met hormonale veranderinge wat nie net die fisiese liggaam transformeer nie, maar ook ‘n omwenteling in hoe kinders dink, veroorsaak. Sommige (nie alle) tieners ontwikkel ‘n chemiese wanbalans wat vir ‘n paar jaar ‘n toestand van wanbalans, opwinding, uitbarstings en selfs depressie veroorsaak. Hierdie omwenteling kan ‘n seun of meisie motiveer om dinge te doen wat absoluut geen sin vir die volwassenes wat angstig op die kantlyn toekyk, maak nie. Hierdie hormonale vuurstorm kan hul selfkonsep destabiliseer. Ouers ervaar dikwels wanhoop tydens hierdie irrasionele tydperk. Dit lyk asof alles wat hulle vir hul kinders probeer leer het, verdwyn het. Selfdissipline, netheid, respek vir gesag en algemene hoflikheid kan plek vir risiko’s en lighartigheid maak. As jou kind vandag hom- of haarself daar bevind, is daar goeie nuus - beter dae is op pad! Jou onvoorspelbare tiener kan ‘n toring van krag en goeie oordeel word - mits hulle nie iets vernietigends doen voordat hul hormone weer tot bedaring kom nie. Wat staan jou as ouer te doen? Eerstens, moenie langtermyn gevolgtrekkings op grond van ‘n korttermyn seisoen maak nie. Tweedens, laat hulle weet dat jy vir hulle lief is, wees geduldig en bid vir gemoedsrus. ‘…Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:7 NLV).
5 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min