Woord vir Vandag - 5 Aug 2025

Loading player...
“…[julle moet] voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.” Romeine 12:10 NLV

Eer ander en God sal jou eer

Een van die ware toetse van karakter en volwassenheid is hoe jy op iemand anders se sukses reageer. Dis veral waar wanneer hulle in ‘n area waarin jy misluk het of gefrustreerd is omdat jy nie groter sukses behaal het nie, presteer. F.B. Meyer, ‘n bekende skrywer en dominee in Engeland, het een keer die volgender ervaring gedeel: ‘Dit was maklik om vir G. Campbell Morgan se sukses te bid terwyl hy in Amerika was. Toe hy egter na Engeland terugkeer en by ‘n kerk naby myne begin preek het, was dit egter ‘n ander storie. Ek het my jaloesie onderdruk en was vasbeslote om reg teenoor my vriend op te tree. My kerk het ‘n onthaal vir hom gereel en ek het erken dat indien dit nie nodig vir my was om die Sondagaand te preek nie, ek graag na hom sou wou gaan luister. My optrede teenoor hom het dus vir my reg gevoel. Die liewe Here het my egter uit my moeilikheid gehelp. Charles Spurgeon het by die kerk aan die een kant van my kerk gepreek, en G. Campbell Morgan het by die kerk aan die ander kant van myne gepreek. Hulle was beide so populêr en het sulke groot skares gelok dat ons kerk die oorloop van mense kon bedien. Ons kerk was propvol.’ Maak nie saak hoe goed jy iets doen nie, daar sal altyd iemand anders opdaag wat dit beter doen. Hier is dus jou opsies: Vergelyk jouself met hulle, kompeteer met hulle, kritiseer hulle of komplimenteer hulle en werk saam met hulle. Dis wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: ‘As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer’ (vers 10 NLV).
4 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min