Arbeidmark verander, maar aftreebeplanning nie

Loading player...
Namibië se arbeidsmark is vinnig besig om te verander, met meer geskoolde individue wat hulle tot vryskutwerk wend vir die vryheid en buigsaamheid daarvan. Maar baie mense sien aftreebeplanning oor die hoof, wat noodsaaklik is vir finansiële welstand. Om klein te begin, finansies dop te hou, opsies soos aftree-annuïteite of effektetrusts te ondersoek is belangrik. Andreas Shaanika, kliëntebestuurder by Old Mutual Namibia het meer.
4 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swapo-lede dink hulle's onaantasbaar: Sankwasa

Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het inwoners van Katima Mulilo aangespoor om verantwoordelik in die komende verkiesings te stem, en beklemtoon dat hoewel alle politieke partye ontwikkeling belowe, lewering dikwels tekortskiet. Sankwasa het by die Ngweze-gemeenskapsaal gepraat en Swapo-partylede gekritiseer wat optree asof hulle onaantasbaar is.
22 Aug 8AM 1 min

Putin kan nie vertrou word, waarsku Europese Kommissie

Die vise-president van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, waarsku die Russiese president, Vladimir Putin, kan nie vertrou word om enige belofte of ooreenkoms te eerbiedig nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se spesiale gesant, Steve Witkoff, het vroeër die week bevestig Putin het ingestem om Amerika toe te laat om…
22 Aug 8AM 1 min

Maureen Hinda-Mbuende nou in Namcor hoë stoel

Die Namcor-raad het voormalige adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, as tussentydse besturende direkteur aangestel, met ingang Maandag 25 Augustus, vir 'n tydperk van ses maande. Haar aanstelling volg op 'n aanbeveling van die regering as aandeelhouer. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka het meer.
22 Aug 8AM 1 min

Optrede teen 'onwettige' buitelanders wek kommer

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid se voorsitter, Sibongiseni Dhlomo, sê Suid-Afrika se kommer oor onwettige buitelanders kan nie geïgnoreer word nie. Organisasies soos Operasie Dudula en March to March het veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, buitelanders wat volgens hulle onwettig is, uit staatsgesondheidsentrums verwyder. Dhlomo sê mense sonder dokumentasie is…
22 Aug 8AM 1 min

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die…
22 Aug 6AM 1 min