Die Seun Wat Net Wou Dans deur Diana Ferrus
Loading player...
Diana Ferrus lees haar fassinerende kinderboek in Afrikaans.
Die bekroonde skrywer, digter en storieverteller, Dr Diana Ferrus, lees haar fassinerende kinderboek, Die Seun Wat Net Wou Dans. Almal ken die gevoel van ’n diepgewortelde droom wat amper onmoontlik voel om te bereik. Die Seun Wat Net Wou Dans gaan juis oor so ’n persoon Johaar Mosaval, ’n Moslem-seun, het van kleintyd af gedroom om te kan dans, spesifiek balletdans. Maar soveel dinge het in sy pad gestaan: diskriminasie, mense wat sy droom nie verstaan het nie, finansiële swaarkry – en al wat hy wou doen, is dans. Johaar se verhaal sou hom uiteindelik van Distrik Ses in die Kaap na Engeland se Koninklike Balletskool neem waar hy as hoofdanser regoor die wêreld gedans het, en sosiale en politieke grense oorgesteek en geskiedenis gemaak het. Die Seun Wat Net Wou Dans maak so Johaar Mosaval se verhaal van uithouvermoë, opofferings en talent toeganklik vir almal. Hierdie is ’n verhaal wat inspireer, bemoedig en bewys dat drome waar kan word.