SAKP sê ANC maak beloftes en kom hulle nie na nie

Loading player...
Die SAKP sê sy onafhanklike deelname aan die 2026 plaaslike regeringsverkiesing is om namens die werkersklas en werkloses te staan en nie om die drieledige alliansie te verbreek nie. Die party het sy 104de herdenking gister by KwaDlengezwa naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal gevier. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, beskuldig die ANC dat hy sy alliansievennote se vertroue verbreek en kapitaalbelange eerste stel. Hy sê die ANC hou aan beloftes maak wat hy nie nakom nie en skep illusies wat openbare vertroue skend:
4 Aug 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nasionale Energiepakt wil krag in Namibië verbeter

Namibië het by 'n kontinentale veldtog, Missie 300, aangesluit om 300 miljoen mense teen 2030 aan elektrisiteit te koppel, met die bekendstelling van sy Nasionale Energiepakt onder die inisiatief. Missie 300 is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit uit te brei, en Namibië se deelname fokus op landspesifieke hervormings, teikens…
2 Jan 5AM 1 min

Waghond eis dat Joburg se water getoets word

Die voorspraakbeweging Soil of Africa eis onafhanklike watertoetsing met betekenisvolle gemeenskapstoesig in die Stad Johannesburg. Dit volg nadat Johannesburg Water as 'n voorsorgmaatreël met watergehaltetoetse in dele van die middestad begin het, nadat gebruikers oor 'n ongewone reuk in kraanwater gekla het. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, het gewaarsku…
2 Jan 5AM 1 min

Meer as 7 000 mense by SA grensposte onderskep

Die grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse weermag het sedert 10 Desember gesamentlik meer as 7 000 mense onderskep wat onwettig probeer het om die land binne te kom. Die meeste hiervan was Zimbabwiese burgers wat die Groblersbrug-grenspos onwettig wou oorsteek. Kommissaris Mike Masiapato het aan die SABC gesê die grensposte by…
2 Jan 3AM 1 min

Mamdani lui nuwe era vir New York in

Die burgemeester van die stad New York, Zohran Mamdani, het 'n nuwe era vir Amerika se grootste stad belowe en onderneem om breedvoerig en met waagmoed te regeer. Die 34-jarige politieke ster en demokratiese sosialis is die stad se eerste Moslem-burgemeester. Hy is Donderdag buite die Stadsaal in Manhattan deur…
2 Jan 2AM 1 min

Verbruikers gaan vanjaar sente moet omdraai

Mervyn Abrahams van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group spoor huishoudings aan om versigtig te spandeer aangesien die druk van bekostigbaarheid tot in 2026 sal voortduur. Die Huishoudelike Bekostigbaarheidsindeks vir Desember 2025 het 'n daling van 1,5-persent in die voedselmandjiekoste getoon, maar basiese voedselpryse is steeds wisselvallig. Abrahams sê…
2 Jan 1AM 1 min