
Harris sê die ingee en toegee aan Trump is kommerwekkend
Loading player...
Kamala Harris het ‘n onderhoud, die eerste sedert haar nederlaag as presidentskandidaat teen Donald Trump, met CBS gevoer. Verskeie kwessies het onder die loep gekom sowel as wat sy as die verbrokkelende demokrasie in die VSA beskryf. Sy sê daar is baie van Trump verwag maar wat sy nie gesien kom het nie, is dat almal eenvoudig sal toegee, ingee en maak soos hy beveel.