Mashatile beloof miljarde vir infrastruktuur opknapping

Loading player...
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is besig om aandag te skenk aan die watertekort in die land namate die vraag toeneem as gevolg van ekonomiese en bevolkingsgroei. Hy sê die regering het belowe om oor die volgende drie jaar meer as 940 miljard Suid-Afrikaanse rand aan infrastruktuur te bestee. Mashatile sê hierdie geld sal gebruik word om paaie en brûe op te knap, damme en waterweë te bou, hawens en lughawens te moderniseer en die ekonomie aan te dryf:
3 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAN en Liberty bied Chica-pretdag aan

Die Kankervereniging van Namibië bied op 27 September die tweede jaarlikse Liberty Chica Familie Pretdag op 27 September 2025 aan. Die geleentheid samel fondse in vir die Chica-fonds, wat kinders met kanker en hul gesinne ondersteun deur verblyf, maaltye, vervoer en sorg by die Chica Interim Home, asook hulp aan…
25 Aug 6AM 1 min

Waar moet die geld vandaan kom en hoe sal verbruikers dit betaal?

Die regering beplan 200 000 nuwe elektrisiteitsverbindings teen 2030 te bewerkstellig. Hul mikpunt vir 2040 is 400 000 wat miljarde sal kos. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harold Schütt oor die haalbaarheid van dié teikens gepraat.
25 Aug 6AM 1 min

Christine, Beatrice nie gereed vir internasionale deelname nie

Die Suid-Afrikaanse sterre Akani Simbine, Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso het die baan gedeel in die voorlaaste Diamantliga-byeenkoms in Brussel, België, met groot name soos die wêreldkampioen Sha’Carri Richardson van Amerika en die veteraan Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser Pryce. Namibië se Christine Mboma en Beatrice Masilingi was egter nie daar…
25 Aug 6AM 1 min

Kieserregistrasie het nie goeie opkoms gehad nie

Die aanvullende kiesersregistrasie vir die plaaslike owerheid-verkiesings is van 4 tot 19 Augustus gehou, met minder wat geregistreer het as wat verwag is, in terme van die hoeveelheid jeugdiges wat 18 geword het sedert die laaste algemene verkiesing. Die Verkiesingskommissie sê tussen 4 en 10 Augustus het 19 359 kwalifiserende…
25 Aug 5AM 1 min

McKenzie moet ondersoek instel na tantième vir akteurs en aktrises

Die Forum for South Africa vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend beleid in te stel wat sal seker maak akteurs en aktrises ontvang voor en na hul dood tantième vir hul werk. Die minister is gekritiseer oor sy teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg…
25 Aug 5AM 1 min