MTC se onlangse bekendstelling van 5G-dienste in Namibië word beskryf as 'n beduidende stap vorentoe in Namibië se digitale transformasiereis. MTC beoog om sy 5G-vermoëns uit te brei om meeslepende ervarings, gevorderde speletjies, slim pakhuise, telemedisyne en slim besproeiingsoplossings te lewer. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
BOSA sê die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, voor hy eens die helfte van sy termyn uitgedien het en sonder om redes te verskaf, laat die rooiligte flikker en regverdig 'n onmiddellike ondersoek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Suid-Afrikaners verdien duidelikheid of Pityana…
Veldbrande het in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek, veral noord en oos van die Divundu-Kongolo-snelweg, met berigte wat daarop dui dat die brande verder na naburige Angola versprei. 'n Sterk noordwestelike wind stoot rook af na die Kavango-streek, maar daar is tans geen onmiddellike gevaar vir toeriste-lodges in die gebied…
Die IPC beskuldig Swapo daarvan dat hulle die ontbinding van die Katima Mulilo-stadsraad gebruik om die opposisie te verswak voor November se verkiesings. Die IPC se streekkoördineerder, Elvis Lizazi, het die stap ongrondwetlik genoem en gesê Swapo betrek ander partye by sy korrupsieskandale. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling,…
Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.