
Cachalia ingehuldig as waarnemende polisieminister
Loading player...
Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president Cyril Ramaphosa se reg tot die aanstelling verwerp. Cachalia, 'n gewese anti-apartheidsaktivis, neem sy plek in te midde van toenemende kommer oor openbare vertroue in wetstoepassing: