GRN-skuld moet aangespreek word, kapitaal is nodig maar nie lenings nie

Loading player...
Namibië se stygende openbare skuld is nie net 'n nasionale kwessie nie, dit raak elke burger se sak. Met elke individu wat 'n groeiende deel van die las dra, was dit nog nooit so dringend om te verstaan wat die skuld dryf en die belangrikheid daarvan om die skuld te delg nie. Die plaaslike ekonoom dr. John Steytler het by ‘n rondetafelbespreking oor Weë vir die Verligting van Nasionale Skuld vir Namibië wat deur Tucna en die Friedrich-Ebert-stigting aangebied is, gepraat.
1 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lae-koolstof waardeketting plaaslik ontwikkel

Die Namibië Groenwaterstof-program het saam met Broadmind Mining en HyIron Green Technologies 'n lae-koolstof industriële waardeketting ontwikkel. Die doel is om Namibië se minerale rykdom en groen tegnologie te gebruik om produkte soos groen staal te produseer. Jona Musheko, woordvoerder van die program, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
27 Aug 6AM 1 min

DA vat Sassa-probleme Parlement toe

Die DA sê armes en kwesbares kan nie langer deur Sassa onwaardig behandel word terwyl die agentskap eintlik maatskaplike beskerming moet bied nie. ʼn Groep pensioenarisse en hulle ondersteuners het na die Parlement opgeruk oor Sassa se probleme wat onbetaalde toelaes en lang toue insluit. Alexandra Abrahams van die DA…
27 Aug 6AM 1 min

Natis gaan aanlyn, publiek moet registreer

Natis skuif meer dienste aanlyn, van permitte tot lisensiehernuwings, wat vinniger en geriefliker toegang vir motoriste belowe. Die stelsel laat bestuurders nou toe om permitte om te skakel, voertuiglisensies te hernu en toegang tot sleuteldienste te verkry sonder om in lang toue te staan. Owerhede sê die opgraderings is ontwerp…
27 Aug 6AM 1 min

Brandstofprys vir September môre bepaal

Die komitee wat die September-brandstofprys sal bepaal, ontmoet môreoggend met ‘n moontlike aankondiging wat Vrydag sal gemaak word. Die prys van Brent- ru-olie het die afgelope maand met rondom 1,7 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die energie-ministerie se petroleum-ekonoom, Salome Nghoshi gepraat.
27 Aug 6AM 1 min

Onsekerheid jaag beleggers weg

Namibië het hoog op die Beleidspersepsie-indeks van die Fraser-instituut geposisioneer, wat 'n sterk beleggingsomgewing aandui, maar die konsep-mineraalwetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie, en die onlangse aankondiging oor 51 persent plaaslike eienaarskap het nuwe kommer laat ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat.
27 Aug 6AM 1 min