Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Loading player...
Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in die dam in en dit is nie geskik vir menslike gebruik nie. Ministeriële woordvoerder Simon Nghipandulwa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
31 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek

Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos…
13 Aug 10AM 1 min

NamRA verskerp toesig oor 'bestel-met-my'-handelaars

Tydens 'n inligtingsessie oor bevordering van nakoming van inkomstewette, het NamRA-kommissaris Sam Shivute pogings uitgelig om toesig oor sogenaamde "bestel-met-my"-handelaars te verskerp, en onthul dat nuwe regulasies wat hierdie kwessie aanspreek, by die justisieministerie ingedien is.
13 Aug 10AM 1 min

Só moet inligtingkommissaris gekies word

Ons sien uiteindelik beweging met die Wet op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie soek tans nominasies vir die pos van inligtingskommissaris, met 'n sperdatum van 10 September. Die Wet is in 2022 bekragtig, maar het nog nie in werking getree nie. Dit is ontwerp om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder…
13 Aug 10AM 1 min

SA polisievroue op besoek vir Vrouemaand-vieringe

Namibië verwelkom 'n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. NamPol kommissaris Johanna Ngondo sê die program sluit besoeke aan stasies, 'n…
13 Aug 9AM 1 min