
SA Reserwebank verlaag terugkoopkoers na 7%
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van 'n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel voedselpryse styg, is die verwagting dat inflasie bestendig sal bly. Hy het beklemtoon die bank voorspel matige groei gerugsteun deur strukturele hervormings: