
Drankmisbruik is nie net gesondheidskwessie nie, dis ook menseregte
Loading player...
Namibië sukkel om alkoholregulasies af te dwing, wat lei tot wydverspreide toegang, skadelike drinkgewoontes en ernstige gesondheidsrisiko's, volgens 'n nuwe WGO-verslag. Die land se alkoholverbruik staan op 12 liter per capita jaarliks, heelwat bo wêreldgemiddeldes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van die Ombudsman.