Voëlgriep in Botswana teen Zambezi-grens wek kommer

Loading player...
'n Uitbreking van voëlgriep is bevestig by hoenders in Botswana se Chobe-distrik, wat grens aan Namibië se Zambezi-streek. Die hoogs aansteeklike virus affekteer mak en wilde voëls en kan versprei na mense en ander soogdiere. Boere moet verseker dat voëls getoets word en van geldige permitte beskik vir invoere. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat.
31 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venus sê oor terugkeer na Amerikaanse Ope

Die Amerikaner Venus Williams en Leylah Fernandez van Kanada speel as promotorskeuse saam in die Amerikaanse Ope se dubbelspel vir vroue. Williams het al twee keer die titel verower op Flushing Meadows. Die twee is onder sewe promotorskeuses in die trekking. Die 45-jarige Williams, wat verlede maand na 16 maande…
28 Aug 1AM 1 min

Loterykommissie moet dringend nuwe baas kry

Die Vereniging van Staatsamptenare vra die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend 'n nuwe voorsitter vir die Nasionale Loteryekommissie aan te stel. Dit volg nadat dr. Barney Pityana verlede week bedank het met twee jaar van sy vyf jaar termyn wat nog oor is. Claude Naicker…
28 Aug 1AM 1 min

Dis goed dat Cran oor dringendheid van internet ingelig word

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het onlangs 'n openbare verhoor gehou om aansoeke vir mobiele satellietspektrum te hersien. Die fokus is op lae-aarde-wentelbaan satellietdienste soos Starlink, OneWeb en meer. Dit bring vinniger konnektiwiteit in afgeleë gebiede, maar boere en bedryfsgroepe waarsku dat die koste te hoog is. OneWeb en Starlink…
28 Aug 1AM 1 min

Mark gunstig vir brandstofprys verlaging maar...

Die komitee wat die September-brandstofprys sal bepaal ontmoet vanoggend, en hul besluit sal moontlik Vrydag aangekondig word. Die prys van Brent- ru-olie het die afgelope maand met sowat 1,7 persent gedaal, terwyl die Amerikaanse dollar effe verswak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en…
28 Aug 12AM 1 min

Gaza: VSA staan alleen by die VN se Veiligheidsraad

Elke lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, buiten Amerika, vra ʼn skietstilstand in Gaza en stem saam dat hongersnood in Gaza mensgemaak is. Volgens die jongste ontleding van die klassifisering van voedselsekerheid beleef 514 000 mense, byna ʼn kwart van die Palestyne in Gaza, hongersnood en beweer dit sal…
28 Aug 12AM 1 min