Cosatu vra SARB om koers vandag te verlaag

Loading player...
Cosatu doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die repokoers met ten minste 25 basispunte tydens sy vergadering vandag te verlaag. Die meeste ekonome voorspel 'n repokoersverlaging as gevolg van inflasie wat bestendig bly. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê alhoewel die inflasiekoers effens gestyg het, het die sentrale bank steeds genoeg beweegruimte, veral omdat inflasie steeds op die onderste vlak van die teikenband van 3 tot 6 persent bly:
31 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis weer amnestie vir onwettige wapens

Dis weer Amnestie-maand in September en die Namibiese polisie bied die publiek ‘n geleentheid om onwettige wapens, ammunisie en meer in te handig sonder vrees vir vervolging. Die inisiatief sal môre van stapel gestuur word en begin amptelik op Maandag, 1 September. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas…
28 Aug 8AM 1 min

SA se G20-presidentskap in 'mees kritieke stadium'

Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het sy mees kritieke fase betree namate voorbereidings vir die leiersberaad toeneem. Lamola sê onderhandelinge op ministeriële vlak sal deel wees van die Johannesburg-verklaring. Belangrike vergaderings wat voorlê, sluit in die G20 Ooreenkoms met Afrika in Johannesburg, 'n voedselsekerheidsessie…
28 Aug 8AM 1 min

Ndoro-skoolhoof verwelkom koshuise, sê afwesigheid sal afneem

Die nuwe Ndoro Gedenkskool-koshuis en veeldoelige saal in Kongola in die Zambezi-streek sal dinge baie makliker maak vir leerders om skool by te woon met gemak en afwesigheid verminder. Die fasiliteit, wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah ingewy is, beskik oor sonkrag, 'n kragopwekker, drie boorgate en 'n afvalwaterbehandelingsaanleg wat skooltuinmaak-inisiatiewe…
28 Aug 6AM 1 min

NSFAS stel skuldinvorderaars aan

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente versterk pogings om studielenings in te vorder, met die fokus op leners wat voor 2018 befondsing ontvang het. Diegene wat meer as 30 000 Suid-Afrikaanse rand per jaar verdien, moet begin om terug te betaal, aangesien rekeninge moontlik aan gemagtigde eksterne skuldinvorderaars oorhandig kan…
28 Aug 6AM 1 min

Mikroleners mag nie ID's, rybewyse, PIN-nommers afvat nie

Namfisa het die publiek gewaarsku teen ongeregistreerde mikroleners wat hulle skuldig maak aan onwettige praktyke soos die konfiskering van kliënte se ID's. Die owerheid het verskeie klagtes ontvang van leners wat ID's, rybewyse en bank PIN-nommers afvat. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding…
28 Aug 6AM 1 min