
Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai"
Loading player...
Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere waarop sy dit doen, is agter die mikrofoon by Radio KC. DJ Muller het met haar gesels oor die impak van haar ma se dood, haar betrokkenheid by die Echo-huis, en haar siening oor die rol wat radio in mense se lewens kan speel.
Wil jy betrokke raak by ’n Echo-huis? Besoek gerus:
• Isibindi: https://isibindi.org.za/
• Echo Jeugontwikkeling: https://www.echoyouth.co.za/
Wil jy betrokke raak by ’n Echo-huis? Besoek gerus:
• Isibindi: https://isibindi.org.za/
• Echo Jeugontwikkeling: https://www.echoyouth.co.za/