Bibi sê hy sal aanhou tot hy sy doelwitte in Gaza bereik

Loading player...
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu hou vol daar is geen hongersnood in Gaza nie. Altesaam 47 mense het volgens berigte sedert die begin van die konflik in Gaza aan wanvoeding gesterf. Meer as duisend mense is sedert Mei dood in desperate pogings om kos vir hul gesinne te bekom. Die Israelse weermag sê dis die VN se skuld wat versuim om die hulp wat die gebied bereik, in te samel en te versprei. Netanyahu sê sy land is daartoe verbind om sy oorlogsdoelwitte te bereik:
29 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA verskerp stappe teen bek-en-klouseer

Landbouminister John Steenhuisen sê die regering gryp in om die verwoestende bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp. Hy het 274 onopgeloste gevalle in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga bevestig. Steenhuisen sê ook die oorblywende 400-duisend entstofdosisse uit Botswana is ontvang, met 50-duisend wat reeds versprei is. Hy sê die oorblywende dosisse…
1 Sep 11AM 1 min

'Hardwerkende' Shalulile verdien sy doelskiet-prestasie

Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, 'n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors,…
1 Sep 11AM 1 min

Aansoeke vir belastingvrye suiwel- en koringprodukte invoere nou oop

Die Namibiese regering nooi plaaslike firmas uit om aansoek te doen vir belastingvrye invoere van geselekteerde suiwel- en koringprodukte. Dit is deel van 'n poging om voedselkoste te verlaag en besighede te ondersteun onder 'n spesiale tariefkwotastelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Regina Valombola, 'n skakelspesialis by die ministerie van…
1 Sep 10AM 1 min

Veerpyltjiespan maak skoonskip by AU Streek-5 toernooi

Namibië het vyf medaljes by die Afrika-Unie Sportraad Streek 5-veerpyltjietoernooi, wat die afgelope naweek in Zimbabwe gehou is, verower. Die land is verteenwoordig deur 'n span van agt spelers - vier meisies en vier seuns. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Ralph, president van die Namibiese Veerpyltjiefederasie, gesels oor die…
1 Sep 10AM 1 min